Ons Nasionale Lied

Ons Nasionale Lied bestaan tans uit ’n vermenging van “Die stem”, wat deur C.J. Langenhoven geskryf is, en “Nkosi sikelel’ iAfrika”, wat deur Enoch Sontonga geskryf is.

Langenhoven en Sontonga is albei in 1873 gebore.

Sontonga het “Nkosi sikelel’ iAfrika” as ’n gesang geskryf.

Langenhoven het ook die oorspronklike gedig wat later “Die Stem” sou word, as ’n gesang geskryf.

Enoch Sontonga se vrou, Diana, is vroeg dood. Sontonga is in 1905 oorlede en is in die “nieblanke-afdeling” van die Braamfontein-begraafplaas ter aarde bestel. Hulle het een seun gehad.

C.J. Langenhoven is in 1932 oorlede, maar sy vrou, Lenie, het nog tot 1950 geleef. Hulle het saam een dogter, Engela gehad; Lenie het ook kinders uit ’n vorige huwelik gehad.

Die Langenhoven Gedenkfonds wil graag beide Sontonga en Langenhoven vereer vir hulle bydraes tot ons letterkunde en tot ons Nasionale Lied.

Lees meer oor C.J. Langenhoven.

Lees meer oor Enoch Sontonga.

<<Terug