Langenhoven die skrywer

C.J. Langenhoven is bekend vir sy kommersiële fiksie. Hy kon skaamteloos skryf om te vermaak.

Nie net was sy werke vermaaklik nie, hulle was dikwels ook vernuwend.

In 1923 publiseer hy Loeloeraai, ’n baie knap stuk wetenskapfiksie oor ’n ruimtewese wat die planeet Aarde aandoen.

Langenhoven het ook Afrikaans se eerste speurroman, Donker spore, in 1926 geskryf.

’n Ernstiger werk, Skaduwees van Nasaret, word in 1927 gepubliseer en met die Hertzogprys bekroon.

Van sy ander prosa sluit in:

  • Stukkies en brokkies, 1911
  • Afrikaanse verjaardag-boekie, 1912
  • Sonde met die bure, 1921
  • Doppers en Filistyne, 1921
  • Die Lig van verre dae, 1924
  • Herrie op die óu tremspóór, 1925

Hy het kinderboeke geskryf, waaronder:

  • Die eensame hoop, 1922
  • Brolloks en Bittergal, 1922
  • Mof en sy mense, 1926
  • Die Krismiskinders, 1927
  • Die boekie sonder naam, 1928
  • Verhaaltjies, 1931

Langenhoven se spookstories kan steeds deur grootmense geniet kan word.

  • Geeste op aarde, 1924
  • Die wandelende geraamte, 1930

Verhoogstukke het ook uit sy pen verskyn:

  • Die familiesak, 1909
  • Die troubelofte, 1909
  • Die onmoontlike tweeling, 1920
  • Vrouetrou, 1921
  • Die laaste van die takhare, 1925
  • Die kinderparlement, 1927
  • Petronella, 1931

Hy het ook historiese en politieke werke geskryf:

  • Iets over arbiters en arbitraties, 1906
  • Die Hoop van Suid-Afrika, 1913
  • Die Vrou van Suid-Afrika, 1918
  • Eerste skoffies op die pad van Suid-Afrika, 1921
  • Republicans and sinners, 1918
  • The everlasting annexation, 1919
  • Twee geskiedkundige opstelle, 1919
  • Die goeie burger, 1928
  • Goud of Papier?, 1929
  • Die witman se pand, 1929

Dan was daar ook tekste oor hoe om beter te kan skryf:

  • A first guide to Afrikaans, 1926
  • Hoe om te skrywe, 1931
  • Die opdraende pad, 1923
  • Oor opstelle (postuum), 1937

Langenhoven het heelwat gedigte geskryf. Die bekendste is “Die Stem”, wat hy aanvanklik as ’n gesang geskryf het, maar wat later, in 1957, die volkslied van Suid-Afrika onder die Nasionale Party-regering geword het.

Sy versamelde werk het uiteindelik 16 volumes beslaan.

<< Terug