Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en Klein Karoo Klassique aanbied, het vanaf 1 Augustus 2017 ‘n tuiste op Arbeidsgenot se werf.
Die gebou waarin Kunste Onbeperk nou gehuisves word, is aanvanklik as ‘n teater gebou, maar in 2017 het die besture van die Langenhoven Gedenkfonds en Kunste Onbeperk besluit om saam te werk. In die tuin waar Langenhoven so graag geskryf het, word een van Suid-Afrika se groot kunstefeeste nou jaarliks tot uitvoering gebring.
Dit is waarskynlik die eerste keer dat twee kunstemaatskappye op so ‘n manier saamgewerk het.
Arbeidsgenot het ‘n teater verloor, maar het op hierdie manier talle teaters bygekry.
